Makhathini

Makhathini is geleë in geïsoleerde gebied in die noorde van Kwazulu-Natal en word begrens deur Mosambiek, Swaziland, die Lebomboberge en die Indiese Oseaan.

Die Makhathini bediening bestaan al jare en het verskeie predikante/pastors al die aktiwiteite daar gelei en bestuur. Ds. Louwrens en Jeanne van der Westhuizen en ‘n groot leierskorps wat hulle ondersteun, is tans daar om hierdie groot en wyd verspreide gebied te bedien.Die medewerkers is: Umf Daliso Kunene (jaar kontrak), Bonginkosi Mthembu, Lucky Kunene (wat sedert January 2020 in diens is), Lungani Mandlakazi, Baba Ngwenya, Themba Mahlangu, Bheka Manzini. ‘‘n Maandelikse vergadering word gehou om mekaar te bemoedig en alle planne en aksies te bespreek. .

Ds. Louwrens is tans die predikant wat leiding gee terwyl Jeanne as onderwyseres by Langelithle Skool betrokke is. Hierdie bediening werk saam met die Getuienisministerie van die Sinodale kantoor in die Kaap, gemeentes, ondersteuners en groepe op ‘n vennootskapsbasis Daar word jaarliks ‘n vennootskapsvergadering by ‘n plaaslike gemeente gehou waar volle terugvoer gegee word van die en bevestig. vorige jaar se aktiwiteite. Die nuwe jaar se begroting en besoeke aan gemeentes word ook bespreek

Die huidige fokus areas is kinderbediening, jongmensbediening, familiebediening, sosialediens projekte, evangelisasie, opleiding, bemagtiging en betrokkenheid by besoekende uitreik groepe. Ds. Louwrens gaan binne die volgende twee jaar aftree en dit word voorsien dat Lucky Kunene by hom sal oorneem. Daar word voorgestel dat ‘n persoon van buite, ‘n strategiese beplannings proses moet fasiliteer ten einde die huidige uitdagings die beste in die toekoms te kan hanteer.

Videos en kommunikasie

Volledige videos, nuus gebeure, behoeftes, projekte en fotos is op Louwrens en Jeanne se Facebook profiele vir enige een wat daarna wil kyk.

Kontak en bank besonderhede:

Kontak: Sel: 0825164437, Epos: weshuis@hantam.co.za

Bank: ABSA, Makhathini Sending, Rekeningnr: 3210520545, Takkode: 632005, Verwysing: Jou naam.