Jeugbediening

Jeugbediening

Ons visie is om as kleuters, kinders en tieners dissipels van Jesus te wees en as gestuurdes sy liefde te leef.

Kleuter- en peuterkerk

Voorskoolse kinders van 3 jaar tot 6 jaar word speel-speel en met aktiwiteite op hulle ouderdomsvlak die Bybelse waarhede geleer. Kleuterkerk vind elke Sondag van die kwartaal plaas in die kleuterkerk-lokaal, behalwe tydens langnaweke en op nagmaal Sondae. Alle voorskoolse maatjies is welkom en ouers mag saam met hulle die kleuterkerk bywoon totdat hulle tuis genoeg voel om alleen te bly. Klassies word deur ouers aangebied. Indien jy bereid is om ’n diensbeurt waar te neem kontak asseblief vir Natasja Sonnekus deur die kerkkantoor.